Streeknuus

Cullinan se Gebedstuin inspireer inwoners

“Die gebedstuin is by die houtsaal en is gratis beskikbaar bedags en saans vir enige kerkgroep.

In Cullinan se Houtsaal is ’n gebedstuin op Vrydagaand, 15 Oktober om 18:30 geopen.

Mnr. Henk Janse van Rensburg het al die inwoners hartlik verwelkom en die aand geopen met gebed.

Daarna het me. Ansie Smit meer uitgebrei oor hoe ons God se poorte kan binne gaan met lof.

Lektor en motveringsspreker, mnr. Leon de Villiers, het die aand op ’n hoë noot afgesluit met die Heiligdomsgebed en verskeie mense se lewens is aangeraak.

“Ek het gesels oor die persoonlike gebed gebaseer op die sewe elemente van die tabernakel,” het mnr. Cor Henning vertel.

“Die gebedstuin is gebou met ’n plan en veel beter as enige ander botaniese tuin. Die tuin groei uit die teksvers Hebreers 9:26 wat sê dat is nie ’n ware tempel met hande gemaak nie, maar nou in die hemel waar Jesus vir ons intree.”

“Die gebedstuin is by die houtsaal en is gratis beskikbaar bedags en saans vir enige kerkgroep. As iemand ’n fasiliteerder versoek kan die ook gratis verleen word. Dit is ’n wonderlike geleentheid om te kan sien hoe ons jonger generasie weer Jesus op ’n vars manier kan ondek” het mnr. De Villiers laat hoor.

Saterdagoggend het ds. Maligudu, President van die Adventiste Kerk die tema van die offeraltaar, toonbrode en die Ark van die Verbond aangespreek.

Ds Mornay du Plessis, evangelieleier vir hele Afrika, Madagaskar, Zanzibar en ander eilande, het meer klem gelê op die tema van die sewe kandelare wat handel oor die tabernakel in die boek Openbaring.

Ds Gert Jordaan, predikant en evangelis, het die dag afgesluit met die tema “Waskom en Wierookaltaar”.

“Dit is waar dat Jesus gekom het en gekruisig is daarom is die offers vir sonde nie meer nodig nie, maar die heiligdom is die plan van God wat ons verlossing uitbeeld. God se plan met sonde uitklaar. Dit verduidelik ook hoe kan die sondaar sonder enige verdienste vlekkeloos voor die troon van God staan in Judas1:24.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button