Streeknuus

Skenk bloed en red ’n lewe

’n Gesonde persoon kan gemiddeld 330 keer in sy/haar leeftyd bloed skenk en wanneer jy bloed skenk, word slegs 480 ml bloed geneem en dit is baie maklik vir ’n normale persoon se liggaam om te vervang.

Maak ’n verskil en skenk bloed.

Bloed is lewe en elke druppel tel.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) doen ’n beroep op alle bloedskenkers, asook diegene wat nog nooit of nie gereeld bloed skenk nie, om na vore te kom en bloed te skenk.

Om bloed te skenk verg net ’n paar minute en is een van die maklikste maniere waarop jy ’n verskil kan maak en iemand se lewe kan red.

Enige iemand tussen die ouderdomme van 16 en 65 kan bloed skenk, mits hulle aan die nodige vereistes voldoen:
Jy moet ouer as 16 en jonger as 75 wees om te skenk;
Jy moet meer as 50 kg weeg;
Jy moet gesond wees op die dag van skenking (geen verkoue en griep nie); en
Jy moet ’n veilige seksuele leefstyl handhaaf.

’n Gesonde persoon kan gemiddeld 330 keer in sy/haar leeftyd bloed skenk en wanneer jy bloed skenk, word slegs 480 ml bloed geneem en dit is baie maklik vir ’n normale persoon se liggaam om te vervang.

Bloed uit die O-groep is altyd in aanvraag, want dit kan aan enige pasiënt gegee word in ’n noodgeval en een uit drie mense behoort tot hierdie groep.

Aan die ander kant is AB-negatief is die skaarsste bloedgroep en minder as 1% van die bevolking behoort tot hierdie groep.

Sommige individue verkies om hulle eie bloed te gebruik indien hulle geopereer moet word aangesien hulle voel dat die risiko te hoog is om skenkersbloed te ontvang. Dit word outoloë bloedoortapping genoem. Indien jy dit sou verkies, is dit noodsaaklik om dit vier tot vyf weke voor die beplande operasie met jou dokter te bespreek.

Bloed word dan lank genoeg voor die operasie geskenk sodat jou liggaam genoegsaam kan herstel voor die operasie.

Die bloed word getoets en gestoor om beskikbaar te wees as jy ’n oortapping tydens of na die operasie sou benodig.

Streeknuus het SANBD se mobiele skenkingseenheid by die Willowbrooke Square Winkelsentrum gaan besoek.

Ma, me. Elrina Claassen en haar dogter, Anuskha Claassen was hier om hul deel by te dra en bloed te skenk.

Op ’n vraag aan Anuskha waarom sy bloed skenk, was die antwoord kort, maar baie kragtig: “Bloed het al my ma se lewe na ’n baie ernstige motorfietsongeluk gered en daarom is dit vir my belangrik om ook iemand anders se lewe te kan red.”

Vir meer inligting, kan SANB se tolvrye nommer by 0800 11 90 31 geskakel word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button