Dansers op Bronkhorstspruit hou konsert
’n Dansskool op Bronkhorstspruit, Pas de Danse, het op Vrydag, 29 Oktober hulle jaarlikse studiokonsert by die N.G. Kerk se Moedergemeente aangebied. Die konsert se tema was “Disney” omdat die dansers “Disney” as ’n simbool van kinderjare en vermaak wou uitbeeld. Dansers tussen drie jaar en 17 jaar het deelgeneem en daar was 31 leerders
’n Dansskool op Bronkhorstspruit, Pas de Danse, het op Vrydag, 29 Oktober hulle jaarlikse studiokonsert by die N.G. Kerk se Moedergemeente aangebied.
Die konsert se tema was “Disney” omdat die dansers “Disney” as ’n simbool van kinderjare en vermaak wou uitbeeld.
Dansers tussen drie jaar en 17 jaar het deelgeneem en daar was 31 leerders wat 13 verskillende opvoerings opgevoer het.
Die dansers se dansstyl is grootdeels ballet (RAD-Royal Academy of Dance) wat ’n internasionale leerplan is, modern dans, kontemporêre en jazz.
Me. Surina Milner wat al vir sewe jaar dans afrig, het vier jaar gelede die dansskool geopen en jaarliks bring die dansers soveel talent na vore.
“Ons wil die gehoor se gedagtes en emosies terug te vat na hul kinderjare deur te onthou hoe lekker dit is om ’n kind te kan wees. Om die ontspanining van kinderflieks weer te kan beleef en terselfde tyd te kan ontsnap van die daaglikse gejaagde lewe,” het me. Milner afgesluit.














