Rassies hou matriekafskeid
Die gr.12-voogde het onderleiding van mnr. Glen van der Linde dié besondere matriekafskeid gereël.
Hoërskool Erasmus het matriekafskeid gehou met die rooitapyt wat op Donderdag, 28 Oktober uitgerol was.
Die gr.12-voogde het onderleiding van mnr. Glen van der Linde dié besondere matriekafskeid gereël.
Die gr.11-LVR het ’n mooi Matriek “Show Off” by die skool gereël, waarna die matrieks se aankoms by die Oude Werf lewend op Facebook uitgesaai is.
Die matrieks het aan lekker kos gesmul, gedans en gelag op die dansvloer en vir oulaas as ’ngroep gekuier om die jaar op ’n hoogtepunt af te sluit.
Die matriekafskeid was werklik besonders in die onsekere tye. Al wat nou voorlê is eindeksamem en ons sien met afwagting uit na hul uitslae,” het mnr. Dewald Maré laat hoor.







