Delmas-dogter ryg medaljes tydens nasionale saalperdkampioenskap in
Duané Coetzer het nie net vir haar skool in ses verskillende klasse deelgeneem nie, maar ook vir die provinsie. Sy het vyf goue medaljes en een silwer medalje verower.
’n Jongeling van Delmas, Duané Coetzer het op Saterdag, 9 Oktober aan die South African National Schools Association (SANESA) se nasionale kampioenskap deelgeneem.
Duané wat ’n gr.6-leerder aan Laerskool Delmas is, het uitstekend gevaar in die kompetisie. Sy het nie net vir haar skool in ses verskillende klasse deelgeneem nie, maar ook vir die provinsie. Sy het vyf goue medaljes en een silwer medalje verower.
Duané se afrigter, me. Dalene de Beer van die Casino Stalle in Rietkol, is trots op die jong presteerder.
“Duané het deur die jaar baie hard gewerk. Met die Covid-19-pandemie, was die omstandighede nie altyd baie maklik nie. Sy verdien elke prys wat sy verower het,” het me. De Beer gesê.






