Streeknuus

Delmas Rolbalklub se besigheidsliga verenig gemeenskap

Die rolbalklub is baie afhanklik van geld wat deur so ’n liga ingebring word.

Rolbalspelers het op Woensdag, 10 November, in die tweede been van die besigheidsliga teen mekaar meegeding.

Die 14 spanne wat vanjaar deelneem, sluit in NG Kerk, Delmas-Wes, Schoeman Boerdery, Omnia, Afgri John Deere, Delkor, Perfect Water, Odendaal en Kruger Prokureurs, Dew Crisp, Die Pionne Studiegroep, die Delmas Junior Studiegroep, Danny Claassen se span en die twee spanne van NTT Toyota Delmas.

“Die liga word oor vier weke gespeel en aan die einde gaan die algehele wenners met groot pryse wegstap, ” het me. Karin Peres, president van die Delmas Rolbalklub, gesê.

Volgens me. Peres word daar na elke been van die liga ook pryse toegeken aan die span met die grootste punteverskil.

Na afloop van die eerste been van die liga het Odendaal en Kruger Prokureurs met die prys weggestap en na afloop van die tweede been, het Danny Claassen se span spogregte geniet.

“Die rolbalklub is baie afhanklik van geld wat deur so ‘n liga ingebring word. Dit dra by tot die instandhouding van die baan en geboue en help ook om ander verpligtinge te kan nakom,” het me. Peres verder gesê.

Vir die klub is ligas en toernooie ook ‘n manier om belangstelling vir dié gesinsport te kweek in die hoop om nuwe lede te werf.

“Ons is geseënd om uit hierdie liga reeds drie nuwe aansoeke by ons ledetal te kan voeg.”

Me. Peres het namens die Delmas Rolbalklub, alle klublede en die publiek wat skenkings maak ten opsigte van etes, bedank.

“‘n Spesiale woord van die dank aan mnr. Piet Vorster en sy flukse helpers wat voor en na afloop van elke wedstryd die ligte opsit en weer afhaal.”

Janelé Nienaber wys dat rolbal deur oud en jonk beofen kan word.
Larizza Steup.
Zandré Viljoen.
Johan Snyman rol vir ’n wen.
Jandré Viljoen in aksie saam met Pieter Botha (agter).

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button