Streeknuus

Delmas Streekhof gee meer straf aan ’n oupa wat met sy kleindogters, niggie gelol het

Boer dien ook tans 15 uit vir misdrywe met sy kleindogter.

’n Gesiene boer in die kontrei wat reeds tronkstraf uitdien vir seskuele misdrywe teen ’n kleindogter, is op Maandag 6 Desember, ’n verdere vonnis vir seksuele vergrype op nóg kinders opgelê.

Dié oupa (68) se naam word weerhou om sy slagoffers te beskerm.

Hy is voorheen in Secunda Streekhof skuldig bevind dat hy een van sy jong kleindogters misbruik het en is vir 15 jaar tronk toe gestuur.

Die seksuele misbruik van ’n tweede kleindogter, sowel as ’n niggie van hom (die oupa), nou ’n volwasse vrou in haar vyftiger jare, het verdere skokgolwe en ongeloof deur die gemeenskap gestuur.

Volgens inligting was die niggie glo ook op ’n jong ouderdom deur haar neef misbruik.

Haar lewe het aangegaan, sy is intussen getroud en woon in Australië.

Haar bekentenis en getuienis is glo na sowat 47 jaar vir haar ’n bevryding.

Die oupa het ook op die twee bykomende aanklagtes skuldig gepleit waarvoor hy in die Delmas Streekhof gevonnis is.

Hy is Maandag tot nog ses jaar gevonnis vir die seksuele misbruik van die niggie, wat samelopend met die aanvanklike vonnis uitgedien sal word.

Vir die seksuele misbruik van sy tweede en jonger kleindogter, is ’n bykomende twee jaar tronkstraf opgelê, bykomend tot die aanvanklike 15 jaar.

Op die aanvanklike klagte van verkragting, seksuele aanranding en die dwing van ’n kind om na seksuele dade te kyk, het die oupa in Mei 2019 skuldig gepleit. (Streeknuus, 6 November 2020).

Volgens inligting, is die oupa glo deur sy eie kundiges as ’n pedofiel geklassifiseer en is sy naam ook in die nasionale register vir seksuele oortreders opgeteken.

Ten tye van verdere vonnisoplegging, is die oupa skuldig bevind op die aanklag van verkragting van sy minderjarige kleindogter, (vier keer) en 15 jaar tronkstraf is opgelê.

Op die aanklag van seksuele molestering (20 keer), is nege jaar tronkstraf opgelê en vir die dwing van ’n minderjarige om na seksuele dade te kyk, is ’n verdere straf van nege jaar opgelê.

In die woorde van Nelson Mandela: “Daar kan geen beter openbaring van ’n gemeenskap se siel wees as die manier waarop hy sy kinders behandel nie.”

Suid-Afrika is tans te midde die 16 dae van aktivisme teen die geweld en seksuele misbruik van vroue en kinders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button