Kinderharte geraak

STANDERTON-Die Little Angels het onlangs hulle jaarlikse Kersprojek by die Louis Hildebrandt Kinderhuis op Volksrust gehad. Hulle het ‘n spitbraai, slaaie en allerhande lekker eetgoed vir die kinders voorberei. Elke kind het ook ‘n roomys, lekkergoedpakkie en koeldrank ontvang. Die hoogtepunt was Kersvader wat aan almal ‘n geskenk oorhandig het. “Hulle het geroep en geroep …

STANDERTON-Die Little Angels het onlangs hulle jaarlikse Kersprojek by die Louis Hildebrandt Kinderhuis op Volksrust gehad.

Hulle het ‘n spitbraai, slaaie en allerhande lekker eetgoed vir die kinders voorberei.

Elke kind het ook ‘n roomys, lekkergoedpakkie en koeldrank ontvang.

Die hoogtepunt was Kersvader wat aan almal ‘n geskenk oorhandig het.

“Hulle het geroep en geroep todat hy gekom het,” het ‘n belangstellende gesĂȘ.

Die sewe matrikulante het ook elkeen ‘n verassingsboks gekry, wat hul sal help om hulleself te vestig.

Elkeen van die bokse het beddegoed, breek- en eetware bevat.

“Dankie aan die gemeenskap en elkeen wat bygedra het om die kinders se harte bly te maak,” het ‘n belangstellende gesĂȘ.

Sy het ook haar dank aan almal wat die dag moontlik gemaak het, uitgespreek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button