EntertainmentLifestyle

Alles vir ’n goeie doel

Die hare het gewaai vir ’n goeie doel.

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) het hul jaarlikse Shavathon die afgelope naweek by die Junxion Sentrum aangebied.

Mense het hare gekleur, afgeskeer en selfs poniesterte geskenk, dit alles ten bate van Kansa.

Alle geld wat ingesamel word gaan aan kankerlyers en om hulle families in die Standerton gemeenskap by te staan hetsy met skaapvelle, doeke of blyplek wanneer daar vir behandeling gegaan word.

Die Shavathon-inisiatief is vir die 11de agtereenvolgende jaar gehou.

“Die Shavathon het ontwikkel as ’n gewilde spanbougeleentheid en dit bied mense, wat ’n bydrae wil maak in die stryd teen kanker, ’n geleentheid om as vrywilligers op te tree,” het me. Lucy Balona, Kansa se hoof van Bemarking en Kommunikasie, gesê.

Sy het ook gesê dat Kansa Suid-Afrika se voorste nie-winsgewende organisasie is wat die stryd teen kanker aanvoer.

Dit is ’n nasionale gebeurtenis wat landwyd aangebied word.

Die belangrikste aspek van kanker is kennis en volgens statistieke word een uit elke vier mense deur kanker in hulle leeftyd geraak.

Kansa se voorkoming en vroeë opsporingsprogramme ondersteun ’n gebalanseerde leefstyl wat oefening, geen rook, veilig bly in die son, self-ondersoeke en gereelde mediese ondersoeke insluit.

Vir inligting skakel Kansa by 0800 22 66 22 of stuur ’n e-pos na info@cansa.org.za.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button