EntertainmentLifestyle

Armbrei interesseer vroue

VLU-vroue leer hoe om sonder breipenne te brei.

BETHAL – VLU-vroue het op Donderdag, 16 Oktober by Hoërskool Hoogenhout bymekaar gekom om meer oor armbrei te leer.

Hulle het ook oor die onlangse kongres gepraat, asook oor geldinsamelingsprojekte.

Me. Maureen Coetzee, voorsitter, het die lede toegespreek en me. Elaine Koch, ondervoorsitter, het aan die personeel van Hoërskool Hoogenhout se hotelskool geskenkies oorhandig om hulle vir hul hulp te bedank.

Me. Renthia Venter, debiteure- en krediteurdklerk van Meyer Elektries, het die vroue gewys hoe om sonder breipenne te brei.

Armbrei sê klaar dat jy met jou arm brei en jy kan ’n serp binne 30 minute brei.

“Ek het dit baie geniet en is stomgeslaan oor hoe maklik en vinnig die armbrei is,” het ’n lid gesê.

Ná die armbrei, het die lede verversings geniet.

Die volgende Sukkelaartakvergadering is op 20 November en die publiek word genooi om die vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel me. Coetzee by 082 572 5129.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button