Theuns het gehoor op hul voete
Theuns Jordaan en Graceland Casino se bestuur beplan reeds ’n datum vir volgende jaar se optrede.
SECUNDA – Theuns Jordaan het op Saterdag, 18 Oktober by Graceland Casino opgetree en sy rasperstem het die gehoor op hul voete gehad.
Jacques du Plessis, sanger wat saam met Jordaan toer, het die vertoning met drie liedjies geopen en daarna Jordaan op die verhoog verwelkom.
Saam met Jordaan op die verhoog, was sy kitaarspeler Anton L’Amour.
Jordaan het liedjies soos “Jou Asem”, “Roeper van My Hart”, “Net Voor die Storm”, “Sal jy Bly”, “Soos Bloed” en “Kouevuur” gesing.
Voordat hy die liedjie “Blou Trein” gesing het, het hy eers aan die gehoor verduidelik dat die liedjie oor boemelaars in die stad gaan.
Die Graceland-arena was propvol en mense kon nog by die deure kaartjies koop.
“Dit was ’n goeie vertoning en die diens van die casino was puik,” het ’n Secunda-inwoner gesê.
Volgens Jordaan en die Graceland bestuur, beplan hulle reeds ’n datum vir volgende jaar.



