EntertainmentLifestyle

Mooirivier is ’n treffer

Film wys nog tot Donderdag by Ster Kinekor.

SECUNDA – Die rolprent Mooirivier wat op Vrydag, 6 Februarie in teaters begin draai het, wys nog tot Donderdag, 5 Maart by die Ster Kinekor in die Secunda Mall.

Mooirivier het in sy openingsnaweek R1.3 miljoen by die loket ingebring en dit plaas Mooirivier kort op die hakke van Leading Lady wat in sy openingsnaweek verlede jaar R1.368 miljoen ingebring het.

Mooirivier het tydens sy tweede naweek in teaters die R1.2 miljoen merk oorgesteek.

Die film se produksiehuis, Kaapland Films, het talle boodskape van fliekgangers gekry wat teleurgesteld was toe die krag weens beurtkrag in die middel van die film afgegaan het.

“Beurtkrag het beslis die kyktertalle beïnvloed,” het mnr. Tim Theron, vervaardiger van Mooirivier, gesê.

“Baie mense het gesê hulle wag dan maar eerder vir die film om op DVD uit te kom as wat hulle teaters toe gaan en nie weet of hulle die film sal kan kyk as daar beurtkrag is nie.

“Nie al die teaters het kragopwekkers nie.”

Volgens mnr. Theron gaan die film vir ’n langer tydperk vertoon word by teaters as daar groter ondersteuning is.

“Dit is ’n reuse uitdaging vir enige Suid-Afrikaanse film en veral ’n Afrikaanse film om suksesvol te wees, dit is waarom ons só opgewonde raak as enige Afrikaanse films soos Semi-Soet, Klein Karoo, Faan se Trein, Pad na jou Hart, Leading Lady en Mooirivier so goed doen.

“Sonder die hulp van KykNet en die DTI sou ons dit nie kon doen nie.”

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button