Nathan en Leanne opgewonde oor toneelstuk
Kapt. Andre Stander en twee van sy makkers is deel van ’n ondergrondse nagwagnetwerk wat die gereg in hulle eie hande neem.
TRICHARDT – Twee leerlinge is gekies om rolle te vertolk in die eenbedryf Operation Storm wat op Vrydag, 6 Maart by die Johannes Stegmann Teater opgevoer word.
Nathan Mulder, ’n gr. 5 leerling van Laerskool Trichardt, en Leanne Botha, ’n gr. 4 leerling van Diligent Students op Secunda, vertolk die rolle van Peter Pan en Tinker Bell.
Die eenbedryf is gekomponeer en saamgestel deur die Actors Studio op Trichardt en Planet Pawn Brokers is die borg wat die toneelspel moontlik maak.
“Ek geniet dit om mense te laat lag en hou daarvan om al die kostuums aan te pas,” het Leanne gesê.
“Ek hou nie baie van die kostuums aanpas nie, maar toneelspel is vir my lekker want elke rol is ’n uitdaging,” het Nathan gesê.
Volgens mnr. Henning Botha, skrywer en regisseur van die stuk, is dié toneelstuk ’n donker komedie wat geïnspireer is deur die Peter Pan- en Tinker Bell-rolprente, Gareth Cliff se brief aan die regering en Julius Malema se Betaal terug die geld.
Kapt. Andre Stander en twee van sy makkers is deel van ’n ondergrondse nagwagnetwerk wat die gereg in hulle eie hande neem.
Hulle ontvoer ’n korrupte verkeersbeampte en ’n korrupte besigheidsman wat dink hulle is bo die gereg.
Die twee word in ’n ou vervalle teater gestraf en ’n video-opname word daarvan gemaak wat dan op YouTube en ander sosiale webwerwe gelaai word.
“Ongelukkig daag twee kinders met Peter Pan- en Tinker Bell-kostuums aan, op en dinge ruk gou-gou lelik handuit,” het mnr. Botha gesê.
Plaaslike akteurs soos Chris Harrison, Rivan Kyster, Denise Venter, Kelvin Hayward en Tyrell Mdlolo is ook in die toneelstuk te sien.
Kaartjie is R20 en kan gekoop word by die teater of skakel mnr. Botha by 082 440 8120.
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



