EntertainmentLifestyle

Kom ruik weer die rubber brand by die Wieleskou

Wat is nuut by vanjaar se Wieleskou?

SECUNDA – Die wiele is weer aan die rol vir vanjaar se Wieleskou.

Dit vind op 21 en 22 Mei by Graceland plaas en besoekers kan weer uitsien na die Supadrift Drifting-motors wat jaarliks eerste op baie avontuurlustiges se lysie is.

Vierwielmotorfietse is egter nie al wat die gehoor se monde gaan laat oophang nie, want daar gaan vanjaar ook tweewieltoertjies wees.

FMX-Stunt Bikes gaan wys hoe ’n wawiel met ’n motorfiets in die lug gemaak word.

Oud en jonk sal dié item op die program geniet.

Daar sal weer stalletjies in die arena en buite wees en springkastele vir die kinders.

Die biertuin sal ook weer oop wees.

Motorhandelaars gaan met motors wat te koop is, spog en Secunda Rally gaan Vrydagaand vanaf 5.30nm die gehoor vermaak.

Die skou begin Vrydag om 2nm tot 8nm en Saterdag van 9vm tot 5nm.

Kaartjies sal by die hek te koop wees.

Skakel Jackie by 082 460 8678.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button