EntertainmentLifestyle

PlaasJuppie Fees nooi kokke en kosliefhebbers om hul slag te kom wys

Bethal is op soek na ’n kokkedoor wat op 28 Mei by die PlaasJuppie Fees gekroon gaan word en nooi alle kokke om deel te neem.

BETHAL – Kosliefhebbers en kokke word genooi om aan die PlaasJuppie Cook-Off-kompetisie deel te neem.

Dit vind op 28 Mei in die Chris Ehlers Lapa plaas tydens die PlaasJuppie Fees by Jim van Tonderskool.

Die fees soek na ’n PlaasJuppie-kokkedoor wat kans sien vir ’n uitdaging deur gebruik te maak van ’n voorafgepakte mandjie en daarmee ’n smaaklike ete op te dis.

Die ete moet opgedis word en aan ’n paneel bedien word en die wenners staan die kans om groot pryse te wen.

Registrasie vir die kompetisie is om 9vm en die kompetisie begin om 10.30vm.

Inskrywings kos R150.

Deelnemers moet ’n sjefbaadjie dra en hul eie eetgerei saamneem.

Vir navrae, skakel vir Alf by 082 570 5976.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button