Byna tyd om fees te vier
Daar is baie aktiwiteite en vermaak om na uit te sien tydens die komende PlaasJuppiefees.
BETHAL – Maak reg vir die komende PlaasJuppi Fees wat op 28 Mei by Jim Van Tonderskool plaasvind.
Dié fees gaan beslis ’n leemte vul nadat die suksevolle Bethal N17.comFees bykans vyf jaar gelede gehou is.
Die organiseerders het ’n behoefte aan ’n fees wat eie aan Bethal is, geïdentifiseer.
Van die PlaasJuppie-komiteelede het op die Bethal N17.comFees-komitee gedien.
Jim van Tonderskool se terrein verleen hom uitstekend tot die hou van die fees.
Verskeie markstalletjies gaan op die rugbyveld, sowel as in die skoolsaal , markiestent en lapa te vinde wees.
’n Groot verskeidenheid kosstalletjies gaan elke persoon se honger beslis stil.
Kinderpret gaan volop wees waar kinders veilig kan speel en baljaar.
Die kinderpretpark het iets vir elkeen om in mee te deel.
’n Nuwe treintjie is ook aangeskaf wat regdeur die terrein gaan ry.
Die spookhuis, gesigverf, ballonne, pret-gholf en Crazy Photo Booth is van die vermaak vir kinders.
Vir musiekliefhebbers is Ingrid Human besig om ’n keurvolle musiekprogram saam te stel met opkomende sangers.
Dieter Uken is die immergewilde seremoniemeester en sy teenwoordigheid sal sorg vir ’n gemakilke en wisselende aanbieding vanaf die verhoog.
Beeskraal tree twee keer deur die dag op om almal die geleentheid te gee om na hulle te luister.
Hul optredes vind om 2.30nm en 4.30nm plaas en die vertonings is reeds by die toegangsgeld ingesluit.
Die biertent en Cape Legends Wine-tent gaan vir gesellige kuiertyd sorg.
Vir die senior burgers beloof die komitee ’n lekker dag.
As ’n senior burger of pensioenaris ’n prettige hoed dra, kry hulle gratis toegang tot die fees.
Daar is ook ’n kans vir hulle om ’n prys te wen.
Met die beoogde bemarkingsplan kan stalletjie-houers goeie blootstelling kry.
Daar gaan ’n skoonheidskompetisie wees en word gerëel deur ’n vorige skoonheidskoningin.
Die beoordeling van dié kompetisie sal van hoë standaard wees.
Die jeugskou Cook-off sal in ook in aksie wees.
Deelnemers kan nog inskryf om die titel van PlaasJuppie Kokkedoor te wen.
Vir navrae oor reklame en stalletjies, skakel Rita Slabbert by 083 560 1155.
Vir navra oor musiek en plaaslike opkomende talent, skakel Ingrid Human by 082 923 0211.
Om vir die skoonheidskompetisie in te skryf, skakel Wendy by 072 346 4135.
Vir enige ander navrae, skakel Jim van Tonderskool by 017 647 5987.
Versoeke kan ook per epos gestuur word aan plaasjuppiefees@gmail.com.




