Super Sokkie kom Secunda toe
Wen een van drie geskenkpakke met kaartjies na die Super Sokkie en nog meer.
SECUNDA – Die 2016 Super Sokkie word op Saterdag, 25 Junie by Graceland aangebied en jy kan wen.
Kurt Darren, Die Campbells, DJ Jazzy D en Radio Kragbron is die gashere.
Elke kunstenaar gaan twee tot drie liedjies sing en dan die mikrofoon aan die volgende kunstenaar oorhanding.
Sodoende sal die vinnige tempo van die aand aan die gang gehou word.
Daar sal ook spesiale duete wees wat eksklusief aan die Super Sokkie is.
Met treffers soos Kaptein, Rooi Rok Bokkie, Dans op die tafels, Bietjie Bietjie Lam en vele meer, is daar beslis iets om almal op die dansvloer te kry.
Mense kan een van drie geskenkpakkies wen.
Dit sluit ’n Campbells DVD, Kurt Darren se nuutste album en twee kaartjies na die Super Sokkie in.
As jy een van die geskenkpakkies wil wen, besoek die Ridge Times se Facebookbladsy vir meer inligting.
Kaartjies beloop R120 per persoon en is by Computicket of Checkers beskikbaar.



