EntertainmentLifestyle

Super Sokkie en Springbokoorwinning maak sokkie spesiaal

Die Super Sokkie hetop 25 Junie vir groot vermaak by Graceland gesorg.

SECUNDA – Graceland Casino, Hotel en Buiteklub het gasheer gespeel vir Kurt Darren, Die Cambells, DJ JazzyD en Anthony McGee se vertoning tydens die Super Sokkie op 25 Junie.

Die deure het al vroeg oopgemaak en sokkiegangers het die aand met rugby op die groot skerm afgeskop.

Kort na die einde van die Springbokke se naelbyt oorwinning oor Ierland, het die eerste sokkietreffer mense na die dansvloer gelok.

DJ JazzyD, wat nie gewoonlik Afrikaanse sokkietreffers speel nie, was opgewonde oor die geleentheid om by die Super Sokkie op te tree.

“Dit is vir my ’n nuwe ondervinding.

“Ek is nie gewoond aan die sokkiewêreld nie, maar met dié ouens, Kurt Darren en Die Cambells, se hulp, het ek baie vinnig geleer watter lekker Afrikaanse musiek daar is. ”

Anthony McGee,’n plaaslike sanger, was beïndruk met die danspassies.

“Dit is ’n groot eer om ’n verhoog met kunstenaars soos Kurt, Die Cambells en JazzyD te deel en die tempo van die aand en die adrenalien wat gepomp het, het dit lekker gemaak.”

Kurt Darren se nuutste album, Sal jy met my dans, was te koop en die treffer, “Kaalvoet Sokkie”, het baie hul skoene laat uitskop.

Kurt het van die verhoog af kommentaar op die kaalvoetdansers gelewer en duidelik die opwinding en energie van die skare geniet.

Die Cambells se treffers, soos “Rooi Rok Bokkie” en “Hillbilly Rock”, het die partytjie behoorlik aan die gang gekry.

Die aand was vol vermaak, met die kunstenaars wat oor en weer die verhoog gedeel het en saam gesing en gelag het.

Elke aanhanger wat een van Die Cambells se CDs gekoop het, het ’n cowboyhoed gekry, wat later die aand goed aangewend is tydens die lyndanse.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button