Skaterlag gewaarborg met Andries Vermeulen
Sandveld/Weskus storieverteller en sanger Andries Vermeulen terug met sy beste versameling van Weskus / Namakwaland stories en musiek.
BETHAL – Na die weghol sukses van sy stories vertel CD, Want hy vertel so Lekke en sy musiek CD, Bakbeen Anties, wat reeds 15 000 eksemplare verkoop het, is die Sandveld/Weskus-storieverteller en sanger Andries Vermeulen terug met sy beste versameling van Weskus- en/ Namakwaland-stories en musiek.
Sy nuwe dubbel CD-vrystelling Kô Lag ’n Bietjie met 35 stories en 10 nuwe liedjies, is dié vermaaklikheidskunstenaar se beste nog en verstaan jy waarom hy so gewild is by sy gehore.
Die N.G. Kerk Moedergemeente bied ’n bo-baas biltong-, sop-, soetwyn- en skaterlagaand aan waartydens Vermeulen die gehoor gaan vermaak.
Dit vind op 21 Julie vanaf 7nm tot 11nm plaas.
Die nuwe vrystelling van Vermeulen het in Junie verlede jaar die SA Top 20 Beste Verkopelys gehaal.
Die Weskus-geur kom weer voor in die nuwe dubbel CD en hoor jy selfs snitte wat spesiaal geskryf is deur Elvis Blue en Steve Hofmeyr wat ook saam met Vermeulen op die CD verskyn.
Dit is geen geheim waarom dié kunstenaar wat sy stories en musiek tydloos en lewendig maak, al vir ’n Sama, twee Huisgenoot Tempo-toekennings en Beste Fiësta-aanbieder benoem is nie.
Vermeulen het ook saam met sy mede storievertel-vriend, Pietman Geldenhuys, ’n storievertel televisieprogram, OppieStoep, wat op Kyknet uitgesaai is, aangebied.
Kaartjies vir die biltong-, sop-, soetwyn- en skaterlagaand kos R250 per persoon en sluit vermaak, biltong, sop en soetwyn in.
Vir besprekings, skakel Minna Duminy by 083 320 8053 of Thea by 072 681 4586.



