EntertainmentLifestyle

Juan Boucher se grootste aanhangers op Trichardt gevind

Plaaslike kunstenaar ShoNeill het ook opgetree en die toeskouers het vinnig-vinnig van die koue vergeet en saam gekuier en dans.

TRICHARDT – Afrikaanse musiek se blondekop spiertier, Juan Boucher, het duidelik ’n groot groep plaaslike aanhangers.

Hy het vroeër vanjaar op Secunda opgetree en die kaartjies het soos soetkoek verkoop en op 6 Augustus was hy terug in die dorp.

Dié keer het die aand ’n meer informele saamkuier gevoel gehad, omdat dit in die buitelug Willow Creek-saal by Crawdaddy’s naby Terra Nova gehou is.

Daar was bomavure, tafels om by te kuier en kos en cuppuccinos beskikbaar.

Omdat dit in die opelug was, kon toeskouers self besluit hoe naby hulle aan die askie wou wees.

Jy kon heel voor dans of rustig sit en luister na die moi musiek terwyl jy jou hande warm ho by een van die oop vure.

Plaaslike kunstenaar ShoNeill het ook opgetree en die toeskouers het vinnig-vinnig van die koue vergeet en saam gekuier en dans.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button