EntertainmentLifestyle

InniParkfees bied pret vir die hele gesin

Pieter Koen, Elvis se Seun, Nicholis Louw en Snotkop van die kunstenaars by fees.

SECUNDA – Musiek, kunstenaars, heerlike kos, paintball en reuse opblaasglybane het daartoe bygedra om die InniParkfees 2016 onvergeetlik te maak.

Dit is deur Laerskool Secunda en Secunda Toyota aangebied en met twee afsonderlike vermaakprogramme en optredes deur Pieter Koen, Rinel Day, Elvis se Seun, Nicholis Louw en Snotkop, was die dag propvol pret vir die hele gesin.

Die bekende Afrikaanse kunstenaars het die feesgangers op Secunda Toyota se verhoog vermaak en mense het al van vroeg af hul kampstoele en komberse voor die verhoog gaan regsit.

Daar was ook ’n ander tent waar verskeie plaaslike dansgroepe, asook die senior en junior trompoppies opgetree het.

Die Mnr. en Mej. Feeskompetisies is ook gekroon.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button