EntertainmentLifestyle
Quantum Energy Hoëveld Fees amptelik geopen
Mnr. André Liebenberg het die fees aan ’n Hoër Hand opgedra.
Mnr. Linda Dhlamini, uitvoerende burgemeester van die Lekwa Munisipaliteit, het die Quantum Energy Hoëveld Fees op 15 September amptelik geopen.
Mnr. Dhlamini het gewys op munisipale verpligtings, maar die hoop uitgespreek dat die fees van krag tot krag sal gaan.
Die skoupresident, mnr. André Liebenberg, het na skriflesing die skou aan ’n Hoër Hand opgedra.
Die hoofborg, mnr. De La Rey Tonkin en sy vrou was ook teenwoordig, sowel as skoukomiteelede en amptenare van die munisipaliteit.
Dié fees duur tot Saterdag en ’n dorpserediens vind Sondag plaas.
Sien die program HIER



