Editor's choice

Durf mens lag?

Ten spyte van die onsekerheid en bekommernisse het een ding egter duidelik en helder deurgeskyn en dit is die volk se diepgewortelde sin vir humor.

Selde in die geskiedenis van ons land het dinge so opslae gemaak soos die politieke woelinge van die afgelope week.

Ek verwys natuurlik na ons agbare Staatspresident se wye besem waarmee hy eensklaps dienende ministers en adjunk-ministers by die deur uitgevee het.

Of daar nou daarmee saamgestem word of nie, die aankondiging en geskarrel wat dit veroorsaak het, was soos die spreekwoordelike kanonvoer vir die media.

Nuusbulletins en koerante regoor die wêreld het die nuus geesdriftig uitgebasuin en bespiegelings oor wat die toekoms vir die land inhou, het oor en weer gevlieg.

Ten spyte van die onsekerheid en bekommernisse het een ding egter duidelik en helder deurgeskyn en dit is die volk se diepgewortelde sin vir humor.

Skaars minute ná die aankondiging het die grappe veskyn op al wat ‘n sosiale mediaplatform is, die een snaakser en meer vindingryk as die ander.

Terwyl sommige meen dit is ‘n ernstige saak met potensieel verreikende gevolge en gladnie ‘n saak om oor te lag nie, is daar ander wat ook die erns van die saak erken, maar tog ook die humorsin van die grapskeppers raaksien en waardeer.

Joernalistieke etiket verbied my om ‘n paar van die skerp grappies en video’s wat op die skerm van my onmisbare ergenis te lande gekom het, uit te lig, maar ek kan wel sê dat ek die oorspronklikheid en fyn humorsin waardeer.

Terloops, ek moet egter vinnig meld dat van die snaaksighede vanuit alle dele van die samelewing gekom het.

Hoe dit ookal sy, die vermoë van ons volk om self-terapie in die vorm van humor in tye van nood en krisis toe te pas, kan dalk net die regte medisyne wees om ons te leer om weer te lag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button