Morgenzon as Hoëveld Gholfkampioene gekroon

Die seisoen was lank en vol klipharde kragmetings teen al die ander gholfklubs op die Hoëveld.

Die Morgenzon Gholfklub se ligaspan is op 8 Julie as Hoëveld Netto Ligakampioen by Graceland gekroon.

Die seisoen was lank en vol klipharde kragmetings teen die ander klubs op die Hoëveld.

Morgenzon het daarin geslaag om al hul groepwedstryde te wen wat aan hulle ’n plek in die kwarteindstryd besorg het.

Dié wedywering het op Volksrust en Morgenzon plaasgevind waar hulle Witbank Gholfklub geklop het om sodoende na die halfeindstryd deur te dring.

Die halfeindstryd is op Bankenveld gehou met Morgenzon wat Standerton Gholfklub verslaan en ’n plek in die eindstryd verseker het.

Morgenzon het in dié stryd teen Volksrust Gholfklub meegeding.

Die weer was nie baie goed nie en ’n sterk wind het die gholfers se vernuf tot die uiterste beproef.

Morgenzon het egter sterk gestaan en Volksrust met 6 – 2 geklop.

Dit is die tweede keer in die klub se geskiedenis dat Morgenzon in dié liga seëvier.

 

Lees die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser vir al die uitslae.

(Inligting verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button