Wessel Oosthuizen stel boek op Val bekend
Wynand Claasen het hom die doyen van sportfotograwe genoem.
Wessel Oosthuizen, bekende sportfotograaf, se boekbekendstelling, Boesman van VAL, is op 21 Oktober by die Val Hotel aangebied en kollegas, sportlegendes en bekendes het die geleentheid bygewoon.
Voormalige minister van buitelandse sake, mnr. Pik Botha, het ‘n bydrae in die memoires gelewer.
Mnr. Harald Pakendorf, voormalige koerantredakteur, het die verrigtinge begin en gesĂȘ dat in ‘n fotograaf se lewe daar baie foto’s is wat hy nie neem nie.
Oudregter Piet Schabort se toespraak is voorgelees wat mnr. Pakendorf genoop het om skertsend op te merk dat daar gelukkig nie syfers voorkom nie.
Regter Bill Prinsloo het ‘n pluimpie aan Wessel toegeswaai dat hy so ‘n uitgelese groep bymekaar op so ‘n klein dorpie kon kry.
Die gehoor kon onder meer skouers skuur met voormalige Springbok-rugbykaptein, Wynand Claassen, wat se vriendskap met Wessel dateer uit die 1981-toer na Nieu-Seeland wat om politieke redes juis om die meelbomme opslae gemaak het.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



