Thys Froneman kunswerke gee insig in sy eie wêreld
“Hierbo kan ’n kunstenaar ’n stadige dood sterf as hy nie oppas nie.”
Thys Froneman maak seker sy kunssinnigheid word nie onder ‘n maatemmer weggesteek nie.
Hy besoek die Vrystaatse dorpie, Clarence, gereeld vanweë die atmosfeer sonder om sy liefde vir die Hoëveld prys te gee.
“Hierbo kan ‘n kunstenaar ‘n stadige dood sterf as hy nie oppas nie.”
Thys het van kindsbeen af geteken en sy suster se belangstelling in die kunste, het die saadjie by hom geplant.
Hy het hom met die draai van die eeu ernstig op skilder begin toespits.
Klasse op die buurdorp Vrede by me. Miemie Naudé, wat al in die 80’s was, het gelei tot sy eerste uitstalling.
Dié veelsydige boukontrakteur se voorafgaande jare is gevul met 16 jaar as passer en draaier by Eskom tot die entrepreneursgogga hom gebyt en hy begin het om tuine uit te lê.
Sy gunstelingmedium is olieverf wat meer sketswerk en beplanning behels.
“Jy eindig nie waar jy begin het nie want die skildery groei soos jy aangaan.”
Van die groot meesters soos Van Gogh, die Afrikaanse skilder, Pierneef, en die omstrede Tretchikoff tel onder sy gunstelinge.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.






