EntertainmentLifestyle

Mense geniet Eendedam Kersnagmark op Secunda

Little Paws Big Hearts bied weer pretloop aan by mark.

Jonk en oud het die Eendedam Kersnagmark wat Saterdag, 9 Desember by die Eendedam plaasgevind het, geniet.

Daar was stalletjies wat allerlei lekkernye en kos verkoop het, plek vir die kinders om te speel, asook ponieritte.

Kersvader het ook ’n draai gemaak en lekkergoed uitgedeel.

Vir hondeliefhebbers was daar die pretloop wat deur die nie-winsgewende dierewelsynsorganisasie, Little Paws Big Hearts, aangebied is.

Honde van alle rasse het saam met hul eienaar aan die pretloop deelgeneem.

Die inskrywingsgeld gaan aan Little Paws Big Hearts om die welsynwerk wat hulle onder diere doen, te finansier.

Die mark is in samewerking met Secunda Steamers aangebied en kinders het die treintjieritte terdeë geniet.

Mnr. Gerhard en Natasja Botha met hul honde, Max en Cody, het aan die pretloop by die Eendedam Kersnagmark deelgeneem.
Inwoners geniet Saterdag, 9 Desember die Eendedam Kersnagmark.
Klein Dandre Henning (1) by die Eendedam Kersnagmark.
Kersvader het kinderharte bly gemaak en lekkergoed uitgedeel.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button