EntertainmentLifestyle

Nicolette Brooks Dansskool gee terug aan Laerskool Trichardt

Leerders weet hulle dans vir gemeenskap.

Me. Nicolette Brooks, eienaar van die Nicolette Brooks Dansskool, het R50 000 aan Laerskool Trichardt se koshuis geskenk.

Dié geld sal aangewend word om behoeftige koshuiskinders te help.

Me. Brooks bied sedert 1996 konserte vir die gemeenskap aan en het gesê haar leerders dans dan spesifiek vir die gemeenskap.

“Ek kies jaarliks twee instansties aan wie ek die opbrengs van die konsert skenk,” het sy gesê.

Sy gee elke jaar geld aan Marietjie Skool en een ander instansie.

“Ek het ’n sagte plekke in my hart vir Marietjie Skool se leerders omdat ek hulle gereeld sien wanneer ek dansklasse daar aanbied.”

Haar leerders weet hulle dans vir die gemeenskap en om minderbevoorregtes te help en geniet dit baie.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button