Marietjie Skool op Secunda wys die film “Raaiselkind”
Ondersteun skool en leer meer oor outisme.
Marietjie Skool bied Vrydag, 16 Februarie die film Raaiselkind by die skool aan.
Die doel van dié geleentheid is om die publiek bewus te maak van die ware verhaal wat die kruis van outisme genadeloos uitbeeld en die verwoestende uitwerking wat dit op ’n gesin kan hê bloot te lê.
Raaiselkind vertel die verhaal van die skrywer, Annelie Botes, se boek oor ’n gesin se uitdagings en hartseer met hul outistiese seun.
Die film begin om 6nm en gaan ’n kaas- en wynaand wees.
Kaartjies kos R150 per persoon en is by die skool beskikbaar.
Vir meer inligting, skakel die skool by 017 631 1474.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



