EntertainmentLifestyle

Groot vermaak beplan vir die Eendedam se somermark

PJ Pretorius tree op 24 Maart by die Eendedammark op.

SECUNDA – Die Eendedam Mark bied hul somermark aan op 24 Maart.

Besoekers kan heerlike opwinding en vermaak te wagte wees by dié opelugmark wat vanaf 10vm tot 3nm oop is.

Secunda se talentvolle kunstenaar, PJ Pretorius, gaan besoekers vermaak en daar gaan baie te koop en te kyk wees.

Die dag is ook troeteldiervriendelik, want Little Paws Big Hearts gaan weer hul bekende en gewilde “Rails and Tails”-wedloop aanbied.

Boonop gaan veral die modelle van Alla’s Models die oog vang. Hulle gaan die nuutste modes van JWK Couture en Plaasnooi vertoon.

Daar gaan oudergewoonte allerlei kos- en kunsstalletjies wees en die bloeddiens gaan ook ’n stalletjie beman.

Die mark is ’n gulde geleentheid om saam met die gesin te geniet. Ontspan onder die koel bome, besoek die stalletjies en laat die kinders hul energie in die speelpark uitspeel.

Die Secunda Steamers se stoomlokomotief gaan ook gereed wees om passasiers om die dam te neem.

Vir meer inligting, kontak me. Chantel Vorster slegs per WhatsApp by 072 594 0513.

PJ Pretorius tree op 24 Maart by die Eendedam Mark se Somermarkdag op.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button