Gedugte Breda en Bolton sit voet in die hoek
'n Eier moes om die voertuig op 'n teelepel gebalanseer word en sou dit afval, is die deelnemer met punte gepenaliseer. Jaco en Hennie Naudé het hulle staal gewys en bewys dat hulle jarelange inwoners van die dorp is deur al die vrae reg te beantwoord.
Nissan Standerton het op 17 Maart ‘n 4×4-Pretdag op Standerton aangebied met die weer wat in die guns van avonturiers geswaai het.
Bernice Bolton en Willem Breda het die voortou geneem met hul puntetelling en is as die wenners gekroon.
In die tweedeplek was Hennie en Melanie Linde, terwyl Julius du Toit en Alta Dinkelmann in die derde plek geëindig het.
Dit was groot pret met 11 voertuie wat vir ‘n 100km-roete om die Grootdraaidam ingeskryf het.
Die baan was nat en glibberig wat vir sommige ‘n bykomende pretfaktor beteken het.
By die eerste stop het die Standerton Advertiser-span gereedgestaan om aan deelnemers geskiedkundige vrae oor Standerton te vra.
‘n Eier moes om die voertuig op ‘n teelepel gebalanseer word en sou dit afval, is die deelnemer met punte gepenaliseer. Jaco en Hennie Naudé het hulle staal gewys en bewys dat hulle jarelange inwoners van die dorp is deur al die vrae reg te beantwoord.
By die tweede pitstop moes die deelnemers met ‘n gholfbal ‘n blik raakgooi, wat makliker gesê as gedaan was.
Peter Lloyd het die blik twee keer raakgegooi.
Tydens die derde stop moes spesifikasies van ‘n voertuig gelees word, ‘n deelnemer is geblinddoek en op ‘n hindernisbaan geneem deur die ander insittende van die voertuig waarmee hulle deelgeneem het en vrae is gevra.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



