EntertainmentLifestyle

Kansa bied Rocking Back in Time Musiekfees aan

Kansa bied Vrydag, 4 Mei die Rocking Back in Time Musiekfees aan waartydens verskeie plaaslike kunstenaars gaan optree. Die opbrengs van dié fees gaan aan Kansa geskenk word, en ’n deel aan Bianca Fourie wat dringend ’n operasie moet ondergaan. Bianca, ’n gr.9-leerder van Hoërskool Oosterland, kon sedert die begin van die tweede kwartaal nog …

Kansa bied Vrydag, 4 Mei die Rocking Back in Time Musiekfees aan waartydens verskeie plaaslike kunstenaars gaan optree.

Die opbrengs van dié fees gaan aan Kansa geskenk word, en ’n deel aan Bianca Fourie wat dringend ’n operasie moet ondergaan.

Bianca, ’n gr.9-leerder van Hoërskool Oosterland, kon sedert die begin van die tweede kwartaal nog nie weer teruggaan skool toe nie omdat skoliose (verkromming van die ruggraat) nou só erg is by haar dat dit haar organe vasdruk en sy sukkel om asem te haal.

Bianca Fourie moet so gou as moontlik ’n operasie ondergaan om haar rugstring reguit te maak.

Sy is nou permanent aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel en benodig sowat R800 000 vir ’n operasie omdat haar ouers nie ’n mediese fonds het nie.

Kyk ook: [VIDEO] Gr. 9-leerder van Hoërskool Oosterland moet dringend operasie kry

Die Rocking Back in Time Musiekfees begin Vrydag om 2.45nm en vind by Mynland op Trichardt plaas.

Van die kunstenaars wat gaan optree, is Renaldo Alberts, Gisele Bosman (Kansa), Jurene, Bianca en Shoneill.

Kaartjies kos R100 per volwassene en R50 per kind onder 12.

Vir meer inligting, skakel me. Natasha Philpott by 079 404 4196 of stuur ’n e-pos na adminsecunda@cansa.org.za.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button