EntertainmentLifestyle

Dis tyd vir Wieleskou 2018

Vanjaar beloof weer om vermaak vir almal te verskaf, van adrenalienverslaafdes tot kinderpret.

SECUNDA – Die 14de Oosterland Wieleskou skop Vrydag by Graceland Hotel, Casino en Buiteklub af.

Vanjaar beloof weer om vermaak vir almal te verskaf, van adrenalienverslaafdes tot kinderpret.

Oudergewoonte sal daar weer uitstallings van nuwe motors, veteraanmotors, unieke motors en motorfietse wees.

Feesgangers sal veral die vertonings van die Le Riché-broers met hul motorfietstoertjies en Nick de Wit en sy FMX motocross-span kan geniet. Moet ook nie vergeet om aan die rolstoelwedren deel te neem nie.

Vir die kleinspan is daar ’n reuse Lego-uitstalling en ’n poppekas met ’n verskil, en vir die skoonhede is daar pryse op die spel in die Mnr. en Mej. Wieleskoukompetisie.

Moet nie vanjaar se Wieleskou misloop nie.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button