EntertainmentLifestyle

Rondekerk op Secunda nooi almal na manne-aand met Brand Pretorius as spreker

Sop en broodjies sal voor die praatjie bedien word.

SECUNDA – Mans kan Donderdag, 7 Junie by die bekende sakeman Brand Pretorius gaan kers opsteek tydens ’n manne-aand wat die Rondekerk aanbied.

Dit begin om 6nm.

Mnr. Pretorius is veral bekend in die motorindustrie en ook die nie-uitvoerende direkteur op Agrinet, Reunert, Italtile, Tata Africa Holdings en Tongaat Hulette se rade.

Hy is die voorsitter van Metair Investments Limited en dien op die adviesraad van die motorindustrie-ombudsman van Suid-Afrika.

Hy het al verskeie toekennings ontvang, waaronder die bemarker van die jaar-toekenning in 2000, asook die lewenslange prestasietoekenning deur die Suid-Afrikaanse Motor Jaarboek vir sy dienslewering in die motorindustrie.

Mnr. Pretorius het in 2013 sy eerste boek, In the Driving Seat – Lessons in Leadership, gepubliseer en dit is as topverkoper aangewys met meer as 21 000 boeke wat verkoop is.

Die skakelbeampte van die Rondekerk, me. Ilana du Toit, het gevra dat belangstellendes hul name by die “Info”-toonbank by die kerk sal opskryf.

Sop en broodjies gaan voor die tyd bedien word.

Vir meer inligting, skakel die kerkkantoor by 017 631 3470.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button