Karen Zoid kom hou piekniek by Crawdaddy’s
Hierdie dinge het jy nog nie van Karen Zoid geweet nie
TRICHARDT – Karen Zoid-aanhangers kan nie bekostig om Vadersdag by Crawdaddy’s mis te loop nie.
Dié president van Zoid Afrika kom saam met Saartjie optree by ’n eksklusiewe piekniekkonsert in die park by Crawdaddy’s in Terranova op Sondag 17 Junie.
Die hekke maak om 12nm oop en kaartjies is teen R150 beskikbaar by OK Foods in die Terranova Village Mall.
Hier is n paar interessante feite oor Karen wat jy dalk nie geweet het nie:
* Sy is in België gebore. Haar pa was ’n diplomaat.
* Sy hou nie van troeteldiere nie.
* Sy hou die rekord vir die Suid-Afrikaanse kunstenaar met die meeste nommer een-treffers op die iTunes/Apple music charts.
* Toe sy klein was, wou sy ’n ballerina word. Haar balletjuffrou se naam was Wilkeriena.
* Sy hou van warm kos en eet Tobasco met byna alles.
* Sy koop graag in grootmaat by Makro.
* Sy is nie ’n oggendmens nie.
* Sy is ’n snob as dit by alkoholiese drankies kom en drink net goeie wyn en whiskey.
* Sy is uiters gesteld op ’n skoon en netjiese huis.
* Snaakse dokumentêre films is haar gunsteling.
* Wat sy die meeste in mense haat, is leuens.
* Haar eerste band se naam was Bad Weather.
* Sy is ’n bobaas braaier.



