EntertainmentLifestyle

PJ Pretorius gaan sy eerste CD eerste in Secunda bekendstel

Drie gelukkige konsertgangers sal elk ’n getekende CD van PJ kan wen.

SECUNDA – PJ Pretorius van “The Voice”-faam bring eersdaags sy eerste CD uit en wil sy Secunda-aanhangers die eerste gehoor maak om na sy Afrikaanse debuutalbum te luister.

Minder as twee jaar het verloop sedert PJ ingeskryf het vir M-Net se werklikheidsreeks, “The Voice”, waar hy tot die Top 6-ronde deurgedring het.

Sedertdien het hy van optrede na optrede gereis en behoorlik begin naam maak in die musiekbedryf.

Hy het onlangs saam met drie ander jong sangers die Atterbury-teater se verhoog betree met ’n huldeblykoptrede aan die Backstreet Boys.

Tog het Secunda se mense PJ se hartsmense gebly en tree hy gereeld hier op en is ook by baie welwillendheidsgebeure betrokke, soos die waterinsamelingsprojek vroeër vanjaar en die geldinsamelingsaksie vir Bianca Fourie se rugoperasie.

Hy het ’n hegte band met me. Lizelle Riekert van Oregon Spur gevorm.

“My wortels lê hier en my tuisdorp se mense het my geweldig ondersteun terwyl ek op “The Voice” was.

“Ek voel daarom dit is net gepas dat ek heel eerste my CD aan my mense hier kom bekendstel nog voordat dit uitgereik word.”

PJ wil nog nie die naam van sy CD verklik nie, maar mense kan ’n unieke klank en treffende Afrikaanse liedjies te wagte wees.

Die CD bevat 14 liedjies waarvan slegs vyf in Engels is en die res uit oorspronklike Afrikaanse snitte bestaan.

Hoewel hy twee medeskrywers gehad het, het PJ die meeste van die liedjies self geskryf.

“Dis romanties en spreek van die liefde, maar ek glo die woorde het dieper betekenis. Dis nie net ’n vlak herhaling van rympies nie,” het PJ aan die koerant verduidelik.

“Die liedjies se tempo is vinniger. Dis meer up beat,” het PJ vertel, maar hy het belowe wel dat sy sielsroerende stemtoon waaroor almal gaande was, steeds kenmerkend dieselfde sal bly.

PJ word ook nou deur ’n volwaardige musiekorkes begelei wat uit van die land se beste musiekmakers is en sy CD-opname is van uitstaande gehalte.

“Ons mik vir die Ghoemas met hierdie CD.”

Die amptelike bekendstelling vind in September in Pretoria plaas.

Secunda se mense wat PJ se pre-bekendstellingskonsert wil bywoon, kan gereed maak vir ’n vertoning soos min.

Dié vertoning vind op 16 Augustus by Mynland op Trichardt plaas.

“Ek gaan dié aand die liedjies op die CD sing en ’n bietjie meer oor elkeen van die liedjies vertel,” het PJ verduidelik.

Die vertoning begin om 6.30nm en gaste sal ligte etes en drankies kan koop.

Kaartjies vir die vertoning is by Oregon Spur en Mynland, asook by verskeie gasvroue te koop teen R150 elk.

Kinders onder 12-jarige ouderdom sal teen R50 toegang bekom.

Aanhangers kan ook dié aand bestellings vir PJ se CDs plaas.

Drie gelukkige konsertgangers sal elk ’n getekende CD van PJ kan wen.

Al wat jy jy moet doen om daarvoor in aanmerking te kom, is om ’n konsertkaartjie te koop, die aand by te woon en jou kaartjie en besonderhede in ’n houer te gooi.

PJ sal deur die loop van sy vertoning drie kaartjies trek.

Vir meer inligting en om kaartjies te koop, skakel 072 985 1025 of 073 214 0896.

Listen here to his heart-wrenching version of Leonard Cohan’s Hallelujah:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/113698/exclusive-pj-pretorius-just-released-heart-wrenching-version-leonard-cohans-hallelujah/

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button