EntertainmentLifestyle

Mynland op Trichardt hou fees vir almal – van bierdrinkers tot kinders

Saterdagaand word afgesluit deur die groep Die Heuwels Fantasties

TRICHARDT – Mynland gaan die naweek van 27 en 28 Julie ’n miernes van bedrywighede wees.

Wat as die beplanning van ’n groot bierfees begin het, het al uitgekring na verskeie kompetisies, kunstenaars se optredes, stalletjies, kindervermaak, en nog vele meer.

Dié gewilde kuierplek net buite Trichardt se fees skop af met optredes deur plaaslike kunstenaars, Renaldo en PJ Pretorius, ’n vertoning deur CF Els-dansskool, ’n danskompetisie waaraan enigeen kan deelneem en die eerste ronde van die Mnr. en Mej. Mynland-kompetisie.

Ander vermaak en kompetisies waaraan die gemeenskap die naweek kan deelneem, sluit in ’n babakompetisie, ’n motorskou, ’n motorklankkompetisie, ’n tromppoppie-optrede en ’n vertoning, Zoemba die Renoster, vir kinders.

Saterdagaand word afgesluit deur die groep Die Heuwels Fantasties.

Toegang beloop R100 per volwassene, R50 vir hoërskoolleerder en R30 vir laerskool- en voorskoolse kinders.

Vir meer inligting, skakel 079 665 7446 of stuur ’n epos na mynlandinfo@gmail.com.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button