EntertainmentLifestyle

Laerskool Secunda se inniPark Fees word vir vierde jaar aangebied

Verskeie bekende kunstenaars tree op.

SECUNDA – Laerskool Secunda bied Saterdag, 25 Augustus hul vierde inniPark Fees aan en dit beloof weer eens om groot pret vir oud en jonk te wees.

Volgens me. Lizelle Pieters, skakelbeampte van Laerskool Secunda, het sowat 4 000 mense dié fees verlede jaar bygewoon.

“Die fees het ’n bekende gebeurtenis op Secunda geword waarna inwoners van die Hoëveld nou jaarliks uitsien,” het me. Pieters gesê.

Die fees spog jaarliks met sowat 70 stalletjies waar feesgangers unieke Suid-Afrikaanse produkte en geskenke kan koop.

Daar is steeds uitstalruimte teen R400 beskikbaar.

Die fees vind in die groenstrook langs die Sasol Ontspanningsklub plaas en die kunstenaars wat vanjaar gaan optree, is Leah, Refentse, Die Campbells en die gospelsanger en oudleerder van Laerskool Secunda, Dewald Gouws.

Tjiff en Tjaff sal ook daar wees om die kinders te vermaak en daar gaan ook springkastele, ’n fietswedren en ’n Mnr. en Mej. Fees wees.

Ondernemings kan tydens die fees as borge optree en blootstelling in die gemeenskap kry.

“Early bird”-kaartjies is tot 31 Julie teen R70 per volwassene by die skool beskikbaar en kos R50 per hoërskoolleerder, R30 per laerskoolleerder en R50 per pensoenaris.

Vanaf 1 Augustus sal die kaartjies R80 per volwassene wees, maar is dieselfde pryse vir die ander.

Volg die inniPark Fees-blad op Facebook.

Vir meer inligting, skakel me. Pieters by 017 634 7612 of stuur ’n e-pos na skakel@secundalaer.co.za.

Tjiff en Tjaff gaan kinders Saterdag, 25 Augustus by die inniPark Fees vermaak.
Dewald Gous (gospelsanger) gaan die gehoor Saterdag, 25 Augustus by die inniPark Fees vermaak
Die Campbells sal Saterdag, 25 Augustus by die inniPark Fees te sien wees.
Refentse tree Saterdag, 25 Augustus by die inniPark Fees op.
Leah tree Saterdag, 25 Augustus by die inniPark Fees op.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button