EntertainmentLifestyle

PJ stel Secunda-aanhangers eerste in CD-bekendstelling

PJ en sy span mik vir die Ghoemas met die CD waarvan die naam nog nie verklap mag word nie.

TRICHARDT – PJ Pretorius, Secunda se uitvoerproduk aan die musiekwêreld, stel eersdaags sy eerste CD vry en wil dit heel eerste met sy Secunda-aanhangers deel.

Hy gaan dus, met behulp van sy bestuurspan en me. Lizelle Riekert en die Oregon Spur, die pre-bekendstelling van sy CD by Mynland op 16 Augustus aanbied.

PJ gaan dié aand die gehoor met die snitte op sy album bekoor en vertel wat die inspirasie vir elke liedjie was en waarom die liedjie op sy CD is.

Die CD bevat 14 liedjies, waarvan slegs vyf in Engels is en die res oorspronklike Afrikaanse liedjies is wat hoofsaaklik uit sy eie pen gevloei het.

Die land het verlief geraak op PJ en sy unieke stem wat tot in ’n mens se siel roer toe hy verlede jaar tot die top 6-ronde van MNet se werklikheidsreeks “The Voice” deurgedring het.

PJ en sy span mik vir die Ghoemas met dié CD waarvan die naam nog nie verklap mag word nie.

Die aand van die pre-bekendstelling beloof om iets besonders te wees. Die vertoning begin om 6.30nm en gaste sal ligte etes en drankies kan koop by Mynland se kroeg en kombuis.

Kaartjies is teen R120 elk beskikbaar by Oregon Spur en Mynland. Kinders jonger as 12 jaar kan teen R50 toegang bekom.

Aanhangers kan die aand ook bestellings vir PJ se CD plaas.

Drie gelukkige konsertgangers sal elkeen ’n getekende CD van PJ wen. Al wat jy moet doen om daarvoor in aanmerking te kom, is om ’n kaartjie te koop, die aand by te woon en jou kaartjie en besonderhede in ’n houer te gooi.

PJ sal deur die loop van die vertoning drie kaartjies trek.

Vir meer inligting en om kaartjies te koop, skakel 072 985 1025 of 073 214 0896.

PJ Pretorius hou op 16 Augustus die pre-bekendstellingsvertoning van sy debuutalbum

https://www.citizen.co.za/ridge-times/119529/pj-gaan-sy-eerste-cd-eerste-in-secunda-bekendstel/

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button