EntertainmentLifestyle

Verskeie kunstenaars sal sorg vir vermaak by inniPark Fees

Laerskool Secunda bied fees vir vierde keer aan.

SECUNDA – Laerskool Secunda se inniPark Fees wat Saterdag, 25 Augustus plaasvind, beloof om vir groot vermaak vir oud en jong te sorg.

Dit is dié skool se vierde inniPark Fees en van die kunstenaars wat gaan optree, sluit Leah, Refentse, Die Campbells en die gospelsanger en oudleerder van Laerskool Secunda, Dewald Gouws, in.

Tjiff en Tjaff sal daar wees om die kinders te vermaak en daar gaan ook springkastele, ’n fietswedren en ’n Mnr. en Mej. Fees wees.

Volgens me. Lizelle Pieters, skakelbeampte van Laerskool Secunda, het sowat 4 000 mense dié fees verlede jaar bygewoon.

“Die fees het ’n bekende gebeurtenis op Secunda geword waarna inwoners van die Hoëveld nou jaarliks uitsien,” het me. Pieters gesê.

Die fees spog jaarliks met sowat 70 stalletjies waar feesgangers unike Suid-Afrikaanse produkte en geskenke kan koop.

Daar is steeds uitstalruimte teen R400 beskikbaar.

Die fees vind plaas in die groenstrook (langs die Sasol Ontspanningsklub) en ondernemings kan tydens die fees as borge optree en blootstelling in die gemeenskap kry.

Kaartjies kos R80 per volwassene, R50 per hoërskoolleerder, R30 per laerskoolleerder en R50 per pensonaris.

Vir meer inligting, skakel die skool by 017 634 7612 of stuur ’n e-pos na skakel@secundalaer.co.za of besoek die fees se Facebook-blad by inniPark Fees.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button