Trek die skouskoene aan
Dit sal ook so reg in die kraal van boere en telers pas om hul spogvee en perde ten toon te stel.
Inwoners moet reeds ’n aantekening maak van die Standerton Landbou Skou wat vanaf 13 tot 15 September plaasvind.
Kaartjies beloop R50 per dag vir volwassenes, R30 vir hoërskoolleerlinge, R20 vir laerskoolleerlinge en R30 vir pensioenarisse.
Vermaaklikheidskunstenaars sal oudergewoonte optree waaronder Neil Somers, Steve Hofmeyr, Irene Louise, Dirk van der Westhuizen, Mwah en Elandre.
Skougangers sal ook verskeie stalletjies kan besoek om allerlei ware te besigtig en aan te koop.
Dit sal ook so reg in die kraal van boere en telers pas om hul spogvee en perde ten toon te stel.
Die Standerton Advertiser sal lesers op hoogte van die jaarlikse instelling hou.



