EntertainmentLifestyle

Die Flooze praat by Cuppa vir Kansa op Evander

Werner Joubert, Survivor-deelnemer, sal die verrigtinge open.

Sorina Die Flooze, ook nou bekend as die Bliengmasjien, is die hoofspreker en kunstenaar by die jaarlikse Cuppa vir Kansa.

Vanjaar se onthaal genaamd “Seisoene van Hoop” vind in die hoofsaal van die Evanderklub op Saterdag, 8 September vanaf 9vm tot 12.30nm plaas.

Jy ken haar dalk nét as die “Hoezit my tjomma”, Flooze wat jonk én oud vermaak en laat lag, maar daar is ’n dinamiese vrou genaamd Sorina agter die masker van die Flooze wat, met ’n meestersgraad in regte agter haar naam, mense verras met haar ernstigheid en haar opregte menswees.

Dis veral met haar “Sorina”-album, HOOFLETTERS, waar sy Flooze se kenmerkende rooi leerbaadjie uittrek en as Sorina mense verbaas met haar sang en skryfvernuf.

Secunda se eie Survivor-oorlewende, past. Werner Joubert van Shofar-gemeente wat onlangs uitgestem is op die huidige MNet-werklikheidsprogram, sal die oggend se verrigtinge open.

Gaste kan dié oggend ook uitsien na die kenmerkende koektafels wat kreun onder die lekker gebak en smulhappies.

Me. Ansie van Marlé wat jaarliks hierdie gebeurtenis reel, het ook CDs van Sorina te koop teen R100 elk wat Sorina die dag van die Cuppa sal onderteken.

Die CDs wat beskikbaar is, is “Flooze Bliengmasjien” en “Sorina Hoofletters”.

Kaartjies vir die Cuppa vir Cansa kos R200 elk en is beskikbaar by Cansa en me. Van Marlé. Skakel haar by 083 605 9385.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button