Skoupresident verklap ’n paar geheime
Dié bestuurder by Nutribasics in die industriële gebied het nie geskroom om haar komitee lof toe te swaai nie.
Me. René Pretorius, president van die Standerton Landbou Skou, se ondervinding as skousekretaresse van 2001 – 2004 onder bekwame leiersfigure, het haar deeglik vir haar portefeulje voorberei.
René is onder meer touwys gemaak deur oud-inwoners, mnr. Coenie van der Merwe en me. Dorothy van der Merwe, asook mnr. Sam van Niekerk en sy vrou, Ria, om ’n geslaagde skou van stapel te stuur.
Dié bestuurder by Nutribasics in die industriële gebied het nie geskroom om haar komitee lof toe te swaai nie.
“Dit is ’n ongelooflike komitee wat my ondersteun.”
Wat destyds bekendgestaan het as die Standerton Landbougenootskap, word nou weerspieël in die huidige naam, wat die sentiment van vele eggo.
Die skou sal van 13 tot 15 September plaasvind en komiteelede het reeds in Januarie begin werk aan die magdom voorbereiding, administratiewe detail ensomeer.
Maak seker om die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser op te tel vir die volledige berig.



