EntertainmentLifestyle

Hou lekker fees by Kamp Oase as deel van die Lake Umuzi-feesweek

Vir die kinders is daar ’n speelplek met plaasdiere, pretritte op perde en springkastele. Die kinders het ook toegang tot die AquaZone Waterpark en Carnival Square.

SECUNDA – As jy van uitkamp, kuier en musiek hou, is die Lekke Fees by Lake Umuzi se Kamp Oase die plek om te wees op 28 en 29 September.

Die Lekke Fees vorm deel van die Lake Umuzi-feesweek van 28 September tot 7 Oktober.

Diegene wat die Lekke Fees bywoon, sal vermaak word deur ’n string Afrikaanse sangers soos Robbie Wessels, Jan Bloukaas, Liezel Pieters, Heidi, Appel en Brendan Peyper.

Vir die kinders is daar ’n speelplek met plaasdiere, pretritte op perde en springkastele. Die kinders het ook toegang tot die AquaZone Waterpark en Carnival Square.

Belangstellendes kan aanlyn kaartjies koop of by die hek betaal.

Toegang beloop R200 per volwassene vir die naweek, R100 per kind vanaf sewe tot 17 jaar vir die naweek en R50 per kind van twee tot ses jaar oud.

Dit sluit in komplementêre toegang tot AquaZone Waterpark en Carnival Square vanaf 28 tot 30 September.

Verskeie stalletjies, kindervermaak en ’n demonstrasie van die GPF sal ook plaasvind.

Vir meer inligting oor die kamptariewe, skakel die Lake Umuzi Box Office by 017 634 8312 of 072 580 8563, of stuur ’n epos na fun@umuzifest.co.za.

Robbie Wessels gaan die gehoor by die Lekke Fees vermaak op 28 September.
Brendan Peyper gaan by die Lekke Fees sing.
Jan Bloukaas gaan by die Lekke Fees optree.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button