Plaasdogterjie van Amersfoort-omgewing hou haar lyf model
Veronica het haar dogterjie as iets tussen ’n ‘tomboy’ en ‘madampie’ beskryf met stokperdjies wat sing en fietsry insluit.
Karen Louwrens sit reeds op vyfjarige ouderdom nie ’n voetjie verkeerd nie.
Die loopplank by modelkompetisies word menigmaal betree en die kenmerkende heuphouding, kenmerkend aan modelle, blyk tweede natuur te wees.
“My hart sit in my keel as sy deelneem en op die loopplank is,” het ma Veronica gesê.
Met ’n suster René, wat ook al ’n toekenning of twee ontvang het, is die modelmilieu glad nie vreemd nie.
Karen het ’n draai kom maak voordat sy by die Standerton Landbou Skou in die Mej. Bloeisel-afdeling sou deelneem.
“Dit is lekker om aan kompetisies deel te neem maar ek is altyd net bang dat ek van die loopplank sal afval,” het Karen gesê.
Van senuwees was daar nie sprake nie en die vraag of sy ooit mamma se grimering gebruik, was beslis ontken.
Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.



