VLU-vroue trek stoute skoene aan
Me. Roz du Preez, wat gekonfyt is in blommerangskikkings, het daarna aan die beurt gekom met ’n demonstrasie van ’n parallelle-rangskikking.
Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Kaalspruit-tak het op 18 September by die Hervormde Kerk hulle maandelikse vergadering gehou.
Volgens me. Marietjie Swart, voorsitter, het die vroue het meer geleer oor die vermaaklikheidskunstenaar, Jac de Priester, wat ook by die Mpumalanga Kongres opgetree het.
Al die VLU-takke in die provinsie kom meer te wete van dié sanger.
Me. Roz du Preez, wat gekonfyt is in blommerangskikkings, het daarna aan die beurt gekom met ’n demonstrasie van ’n parallelle-rangskikking.
Die tak se vroue het onpaarskoene vir die geleentheid gedra as deel van ’n puntetoekenning, met ou brille wat ook al by ’n vorige vergadering opgemerk is.
Hulle het ook kolwyntjies versier soos in toeka se tyd en in die huidige versierstyl.
Die volgende vergadering sal op 16 Oktober, weer in die kerksaal, plaasvind.



