EntertainmentLifestyle

Kuier saam met die kunste by Hoërskool Secunda se kunstekuiers

Verskeie kunstenaars tree volgende op Secunda op.

SECUNDA – Hoërskool Secunda bring vanjaar die kunste na die dorp met ’n week se kunstekuiers.

Chris Chameleon tree volgende week op Secunda op.

Die veelsydige Chris Chameleon kom kuier met kaas en wyn op 24 September.

Die vertoning vind in Die Ark van die Rondekerk plaas en kaartjies kos R350 per persoon of R3 500 vir ’n tafel van 10.

Dit sluit ’n gesellige aand van kaas en wyn in.

Die vertoning begin om 5.30nm vir 6nm.

Bespreek by Paul van der Berg by 079 358 9035 of stuur ’n epos na bemarking@hs-sec.co.za.

Die Klawer Konings, Coenie en Rocco.

Die Kawer Konings, Coenie de Villiers en Rocco de Villiers, tree in Die Ark op 25 September op.

Die vertoning begin om 6.30nm vir 7nm.

Kaartjies kos R200 elk en kan by die skool se kassiere gekoop word. Skakel die skool by 017 634 7705.

Bouwer Bosch

Bouwer Bosch is op 27 September aan die beurt in die skool se saal.

Sy vertoning begin om 7nm.

Kaartjies kos R90 per persoon en is by die skool beskikbaar.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button