Lake Umuzi se week van feeste bring musikante van reg oor SA
Die gewilde Wyn-Inni-Tyn vind aan Boesies se kant op 4, 5, en 6 Oktober plaas en is geskik vir die fynproewer in musiek, kos en wyn.

SECUNDA – Lake Umuzi gaan oorloop van musiekklanke, heerlike kos en goeie samesyn tydens hul week van feeste wat eersdaags begin.
Die Lekkefees vind op 28 en 29 September by Kamp Oase plaas.
Kamp Oase bied die perfekte atmosfeer vir vriende en familie om vir twee dae lekker saam te kuier en te ontspan.
Optredes deur Robbie Wessels, Jan Bloukaas, Liezel Pieters, Heidi, Appel en Brendan Peyper beloof om elke Afrikaanse ondersteuner te laat saam sing.
Vir die kinders is daar ’n speelpark met plaasdiere, pretritte op perde en springkastele.
Die gewilde Wyn-Inni-Tyn vind aan Boesies se kant op 4, 5, en 6 Oktober plaas en is geskik vir die fynproewer in musiek, kos en wyn.
Met 20 verskillende wynlandgoede, sang en kos is Wyn-Inni-Tyn elke wynliefhebber se dagboekinskrywing om nie mis te loop nie.
Wyn-Inni-Tyn begin op Donderdag, 4 Oktober om 6nm met Radio Kalahari Orkes op die planke.

Adam Tas vermaak gaste op die aand van 5 Oktober, maar daar is reeds om 2nm wynproe, ’n piekniek onder die wilgerbome en vermaak deur Petronel Baard, Stef Kruger en Philippe Abalovi.
Die wynproe en piekniek gaan voort vanaf 11vm tot 5nm op Saterdag, 6 Oktober. Jannie Moolman en vriende tree die aand op.

As jy meer van bier hou, is die 10 dae van Oktoberfest by Eish!! ’n goeie keuse.
Dit vind vanaf 28 September tot 7 Oktober plaas.
Saarkie, Neil Somers, Juan Boucher, Bad Peter, MarulaBoom, Stuart Milne, Jan Rhaap en Matthew Mole tree onder andere op.
Vir kaartjiebesprekings en meer inligting, skakel die by 017 634 8312 of 07 Lake Umuzi Box Office 2 580 8563 of stuur ’n epos na fun@umuzifest.co.za.



