Gaste raak vriende by Wyn-inni-Tyn
Dié kuns-en wynproefees wat deel vorm van die Lake Umuzi feesweek, het op Donderdagaand, 4 Oktober afgeskop met die klanke van die Radio Kalahari Orkes en akteur Ian Robberts as hoofsanger
SECUNDA – Lake Umuzi se Wyn-inni-Tyn was vanjaar weer die plek waar ou vriendskappe gekoester en nuwe vriendskappe gesmee is in die teenwoordigheid van groot kunstenaars, goeie musiek, en smaaklike wyne.
Dié kuns-en wynproefees wat deel vorm van die Lake Umuzi feesweek, het op Donderdagaand, 4 Oktober afgeskop met die klanke van die Radio Kalahari Orkes en akteur Ian Roberts as hoofsanger.
Gaste het die kans gekry om van KWV se verskeidenheid wyne te proe. Daar was ook wyne van ander landgoede beskikbaar, soos Robertsons en hul Fat Bastard.
Adam Tas was die hoofvermaak vir Vrydagaand en die geselligheid het Saterdagaand afgesluit met Jannie Moolman en vriende.
Verskeie wynplase en kosstalletjies het hul produkte ten toon gestel deur die dag op Vrydag en Saterdag met ’n piekniek onder die Wilgerbome by Boesies Restaurant.
Vir diegene wat nie van wyn hou nie, was daar gyn, broubiere, cocktails en shooters.
Deur die dag het Phillip Abalovi, Stef Kruger en Petronel Baard opgetree.
En saans is daar tot laatnag gekuier.









