SECUNDA – Die Rondekerk bied Saterdag, 27 Oktober hul Rondefees by die kerk aan.
Dit begin om 9vm met ’n baba-, peuter- en kleuterkompetisie. Trompoppies gaan ook optree, en Lollos en Lettie gaan vir vermaak vir die kleinspan sorg.
Die ‘My Man Kan’-kompetisie begin om 12nm en groot pryse is op die spel.
Eetgoed wat te koop is, sluit in kerrie en rys, pannekoek, hamburgers, sosaties, boereworsrolle, jaffels, poeding en gebak.
Daar gaan ook groot glybane, ’n branderplankrybord, ’n sandput en perderitte wees om die kinders te vermaak.
Vir meer inligting, skakel die kerkkantoor by 017 631 3470 of me. Ilana Coetzer by 079 772 6933.




